Wednesday, October 24, 2007

Aunt Mary

Ek is terug by die huis vanaf 2 dae opleiding in Johannesburg en Donderdag en Vrydag se kuier in Bloemfontein met Aunt Mary se begrafnis 19 Oktober 2007. Vanmore met Mamma gepraat. Uncle Jacky hulle het Maandag gekom om te help met die ontruim van Aunt Mary se woonstel... Jacky vlieg vannaand terug New York toe. Ek is so dankbaar dat hy gekom het... en gisteraand by Aunt Annie gekuier het tot laat. Dr Zietsman het hulle tot middel November kans gegee om die woonstel te ontruim. Wat maak 'n mens met al haar goedjies? Miskien vir ons nie veel werd nie. Vir haar was dit haar lewe! Aunt Dory nie gesond nie. Nou ook gediagnoseer met diabetes. Sy het ingestem dat Roy haar na verswakte sorg verskuif ... soveel siek en sterftes die jaar? Aunt Isabel, Uncle Arthur, nou Aunt Mary... mag die Heer ons familie genadig wees...

Die begrafnis was mooi... almal dieselfde tema oor die ou antie: 'n regte dame wat in almal se harte ingekruip het...eenvoud...nie self kinders gehad nie nie, maar ons is almal haar kinders... Meeste van die familie was daar! Het niggies gesien (Averil, Lenie) wat ek laas gesien het toe ek 'n klein dogtertjie was. Sybil se blomme in die kerk en my huldeblyk agter op die begrafnisbrief is dit eens: " Die wind het deur jou tuin gewaai, om ons blare te laat dans. In jou herfs het ons druiwe ryp geword. Jou eenvoud, dis ons krans. Slaap saggies nou, Aunt Mary. Dis alles klaar gedoen.... Dis lente nou, ja somer, 'n heerlik, heerlik groen. (Orals waar jy aangedoen het, 'n somer in heerlik, heerlik groen- En selfs die Weskus blomme is opgetooi vir jou-) Ek sien 'n heining met blomkersies, 'n pruimboom in die bloei, 'n vensterbank met kamferfoelie...veilig oorgegroei...Slaap saggies nou, Aunt Mary"

Ons sal jou nooit vergeet nie, ons liefste Aunty Mary!

Thursday, August 30, 2007